Naweek 😜

Vrydag aand heerlike pizza en movie(Happy feet πŸ˜„) saam Annebell en toe slegte nuus ontvang dat my sussie hulle in Γ± ongeluk was en sy haar vriendin en liefde van haar lewe verloor het! So Saterdag was maar hartseer en glad nie lekker nie! Was toe maar gou Ikea toe – so lekker dat dit net oorkant die pad is 😜 en verder maar net rustig by die huis.

Sondag: Ons het besluit om Vineyard Internasionale kerk te gaan besoek en moes 45 min stap tot daar – die stap was vir my so lekker, doodstil gewees en die hele pad hoor jy net voΓ«ltjies sing. Hier is Γ± paar fotos van die pad soontoe:

IMG_0750.JPG

IMG_0751.JPG

IMG_0753.JPG

IMG_0752.JPG
By die deur het AmorΓ© ons verwelkom en toe voorgestel aan haar man – wat oorspronklik van Pietersburg af is maar al in 1996 saam sy ouers hierheen geimmigreer het.

IMG_0745.JPG
Ek was toe agter by Annebell in die Nursery groep wat kinders 0-3 vat, ek kon haar daar los maar wou nie πŸ˜„ Sybrand het toe alleen die diens bygewoon πŸ˜„ en daar ontmoet ek toe vir Marilize van SA en sy is Γ± tandarts, ook sommer haar nommer gekry, het ook vir Tanya(arbeidsterapeut) en Grant(tandarts) ook van SA ontmoet, sulke vriendike mense! Sommer dadelik tuis gevoel.

Op pad terug het ons ñ ander padjie gevat en by Coop ñ inkopie winkel gestop en paar goedjies gekry onder andere Sunlight seep(wit en nie groen soos ek gewoont is nie 😁 hoop dit werk dieselfde). Dit was oor middagete en ek en Sybrand is toe honger so kry toe maar die volgende:

IMG_0754.JPG
πŸ˜„ Heerlike kaas “bun” met skyfies op!
Die res van die Sondag middag was weer net rustig voor Sybrand se dol week weer begin πŸ˜‰

One thought on “Naweek 😜”

  1. Ag nee dis vreeslik hartseer, jammer om te hoor van jou sus se hartseer nuus. Is sy darem okay? Ai tog.
    Die pics van jul stappie kerk toe is so mooi! Dis awesome dat jul so baie Suid Afrikaners ontmoet, wow!
    Is Annebell darem gesond? Interessant hoe die dokter niks voorgeskryf het nie.
    xx

    Like

Leave a comment