Terug in Nederland

      

Die bye bye sê was nie soooo lekker en het die tyd by my ma’le vreeslik baie geniet sal dit vir altyd onthou!!! 

   

     

Die vlug was glad nie sleg nie, behalwe dat Annebell eers soos half 2 daai oggend aan die slaap geraak het, die feit dat die stoel dam kon plat soos ñ bed het baie gehelp! 

Die kos was so so behalwe ontbyt – dit was die lekkerste!!!

Sybrand het toe vir ons ñ taxi gereël want hy moes ongelukkig die hele week by ñ kursus wees 😔 maar kon dam ñ soen kry by die lughawe 😄 

  

Lekker moeg van die vlug 😄 

By ons nuwe huisie in Zuidlaren aangekom – chaos! Maar shame Sybrand het so hard gewerk om als reg te kry! 

So wat het ons daai eerste week gedoen?! Uitgepak en reggepak! 

   

     

Moet so bietjie rus so toe vat ons die bus Groningen toe – heerlik 😊

Cervantes

5 Des is ook Sinterklaas: “Sinterklaas traditionally arrives in the Netherlands each year in mid-November (the first Saturday after 11 November) by steamboat from Spain. He then parades through the streets on his horse, welcomed by children cheering and singing traditional Sinterklaas songs.[9] His Zwarte Piet assistants throw candy and small, round, gingerbread-like cookies, either kruidnoten or pepernoten, into the crowd. The event is broadcast live on national television in the Netherlands and Belgium.

Kruidnoten, small, round gingerbread-like cookies

IMG_1702.JPG
A chocolate letter, typical Sinterklaas candy in the Netherlands

IMG_1703.JPG

In the Netherlands, Saint Nicholas’ Eve, 5 December, became the chief occasion for gift-giving during the winter holiday season. The evening is called Sinterklaasavond or Pakjesavond (“gifts evening”, or literally “packages evening”).

On the evening of 5 December, the main presents will somehow arrive, or a note will be “found” that explains where in house the presents were hidden by Zwarte Piet who left a burlap sack with them. Sometimes a neighbor will knock on the door (pretending to be a Zwarte Piet) and leave the sack outside for the children to retrieve; this varies per family. When the presents arrive, the living room is decked out with them, much as on Christmas Day in English-speaking countries. On 6 December, Sinterklaas departs without any ado, and all festivities are over.

So toe besluit ons om bietjie te gaan uiteet by ñ Spaanse restaurant “Cervantes”, heerlike tapas geëet en lekker gekuier 😊

IMG_1701-0.JPG

IMG_1705.JPG

IMG_1704.JPG

IMG_1649.JPG

Sprookjeshof

Het Kabouter Klauter Kasteel is een 3000m2 groot overdekt speelkasteel. Het maakt dus helemaal niet meer uit wat voor weer het wordt, je kunt nu elke dag naar het Sprookjeshof om lekker te spelen.

En wat ñ speelplek!! Sybrand sê my gesig het alles gesê 😄 tot gesê ons is nie daar vir my om fotos te neem nie maar vir Annebell 😄

IMG_1660.JPG

IMG_1664.JPG

IMG_1661.JPG

IMG_1662.JPG

IMG_1671.JPG

IMG_1673.JPG

IMG_1680.JPG
Sybrand het ook te lekker saam geklim en klouter 😊

IMG_1688.JPG

IMG_1689.JPG

Enige kind se droom!!!

IMG_1695.JPG

IMG_1693.JPG

Update

Die dae raak kouer en kouer, verseker iets om aan gewoont te raak. Sonsopkoms is 8:14 AM en ondergang 4:26 PM.

Ons het ñ koffie date by Liesbeth(66jaar oud) gehad en die stories vreeslik geniet!

IMG_1115.JPG

IMG_1114.JPG

Toe vir ñ 4D echo en kleine baba Victor groei mooi:

IMG_1168.JPG

Begin met ons huis soekery en die trein tot in Assen gevat waar ons na ñ huisie gaan kyk het. Lekker op pad stasie toe nat gereën en weer in die reën huistoe gestap. Op pad terug gestop vir sinaasappel sap (vars uitgedrukte lemoensap) jy sien dit nogals baie hier! Jy staan ook en wag vir die masjien wat die lemoene uitdruk – baie lekker 😜

IMG_1198.JPG

IMG_1194.JPG

Sinterklaas het ook sy verskyning gemaak by die Grote Mark maar ons het besluit om dit hierdie jaar te skip en volgende jaar wanneer Annebell meer kan verstaan te doen. Daar is ñ hele tradisie daar rondom.

High Tea: ñ Heerlike middag saam Marilize, Madeleen, Annelize en Tanya by Prinsenhof spandeer met heerlike tee en happies, die scones was verseker nie soos ek gewoont is aan nie maar word ook met konfyt en room bedien en was baie lekker!

Bus uitstappie na Stadspark: Annebell het dit vreeslik geniet en ek het lekker gelag, nie ñ clue oor hoe dit werk nie en was nog net op ñ skoolbus so vir my was dit ook ñ vreeslike interessante ervaring maar ons het darem by Stadspark uitgekom en weer veilig by die huis 😄

IMG_1345.JPG

By Stadspark wou ons vreeslik graag die diere by die kinderboerderij gaan kyk het en dit is sooo ñ oulike boerdery maar agv voëlgriep kon ons hulle nie sien nie en toe speel ons maar by die speelplek 😉

IMG_1380.JPG

IMG_1355.JPG

IMG_1357.JPG

IMG_1367.JPG

IMG_1384.JPG

IMG_1387.JPG

IMG_1385.JPG

IMG_1388.JPG

IMG_1390.JPG

IMG_1392.JPG

IMG_1389.JPG

Kwark: Verseker nie volroom yoghurt soos wat ek gedink het dit is nie 😄 maar eintlik “Quark, otherwise known as curd cheese, is a soft, fresh cheese. It is not aged, delicately white, and rather similar to French fromage frais. The Dutch often use it to make a kwarktaart, a less tart cousin of the cheese cake. They also enjoy it as a dessert, with fresh fruit or eat it as you would yoghurt.”

IMG_1393.JPG

<
Sal maar ñ kwarktert moet maak 😄

Potjiekos by Madeleen hulle: Vreeslik bederf met ñ heerlike potjie, wyn, bier en whiskey 😜 en lekker gekuier tot half 2 die oggend!

IMG_1432.JPG

IMG_1169-0.JPG

Martini Plaza

Sondag het ons weer die strate ingevaar 😄 en arme Sybrand moet net by hou!

IMG_1001.JPG

IMG_0999.JPG
Gestop vir ñ lekker koffie, myne was Toffee Nut Laté – vreeslik lekker gewees!

IMG_0998.JPG
Toe verder na die Martini Plaza waar daar ñ vlooimark was of sal ek sê meer ñ uitstalling van almal se tweedehandse goedjies, maar ons of ek het dit baie geniet veral om ñ bietjie meer te leer van Nederland en die kultuur. Het ook dam ietsie gekoop – die stootwaentjie volgens die ou is in die 70 jare gemaak en nog so mooi opgepas en Annebell geniet hom vreeslik 😉

IMG_0994.JPG

IMG_0989.JPG
Toe weer ñ uur terug huis toe 😜 waar ons op die banke neergeval het soos vrot velle 😄

Monkey Town

Ons was Saterdag saam met Marilize, Madeleen, Annelize en Mel en natuurlik al die kiddies Monkey Town toe, dit is ñ “indoor” speelplek met balle en groot bou blokke en glyplanke ens, noem dit en dit is daar. Annebell het dit vreeslik baie geniet om saam al die maatjies te speel en ek die gesels en kuier natuurlik ook 😜

IMG_0943.JPG

IMG_0944.JPG

Sal verseker weer daar ñ draai maak 😄

Noorderplantsoen park

Ek en Annebell het vanoggend 45 min gestap tot by die Park 😄 maar dit was die moeitewerd!

IMG_0888.JPG
Eerste gestop by die eende en gaanse, hulle het sommer dadelik uit die water geklim en na ons toe gestap, gedink ons het ietsie te ete maar toe het ons niks 😔 weet nou vir volgende keer!

IMG_0891.JPG

IMG_0890.JPG

IMG_0892.JPG

IMG_0889.JPG

IMG_0893.JPG

IMG_0894.JPG

IMG_0896.JPG

IMG_0895.JPG

IMG_0897.JPG
Toe stop ons by die eerste speel area:

IMG_0898.JPG
En speel bietjie in die sand 😉 van daar af is ons na die speel area wat meer geskik is vir Bellie!

IMG_0899.JPG

IMG_0900.JPG
Die glyplank, wipplank en skoppelmaai het sy vreeslik baie geniet 😄. Om warm te word het ons op pad terug gestop vir warm Chocomel – HEERLIK!!!

IMG_0901.JPG
En toe moes sy net gou eers die klomp duiwe hallo sê 😉

Dit word al hoe kouer hier en winter kruip net nader en nader 😁

IMG_0902.JPG

Naweek 😜

Vrydag aand heerlike pizza en movie(Happy feet 😄) saam Annebell en toe slegte nuus ontvang dat my sussie hulle in ñ ongeluk was en sy haar vriendin en liefde van haar lewe verloor het! So Saterdag was maar hartseer en glad nie lekker nie! Was toe maar gou Ikea toe – so lekker dat dit net oorkant die pad is 😜 en verder maar net rustig by die huis.

Sondag: Ons het besluit om Vineyard Internasionale kerk te gaan besoek en moes 45 min stap tot daar – die stap was vir my so lekker, doodstil gewees en die hele pad hoor jy net voëltjies sing. Hier is ñ paar fotos van die pad soontoe:

IMG_0750.JPG

IMG_0751.JPG

IMG_0753.JPG

IMG_0752.JPG
By die deur het Amoré ons verwelkom en toe voorgestel aan haar man – wat oorspronklik van Pietersburg af is maar al in 1996 saam sy ouers hierheen geimmigreer het.

IMG_0745.JPG
Ek was toe agter by Annebell in die Nursery groep wat kinders 0-3 vat, ek kon haar daar los maar wou nie 😄 Sybrand het toe alleen die diens bygewoon 😄 en daar ontmoet ek toe vir Marilize van SA en sy is ñ tandarts, ook sommer haar nommer gekry, het ook vir Tanya(arbeidsterapeut) en Grant(tandarts) ook van SA ontmoet, sulke vriendike mense! Sommer dadelik tuis gevoel.

Op pad terug het ons ñ ander padjie gevat en by Coop ñ inkopie winkel gestop en paar goedjies gekry onder andere Sunlight seep(wit en nie groen soos ek gewoont is nie 😁 hoop dit werk dieselfde). Dit was oor middagete en ek en Sybrand is toe honger so kry toe maar die volgende:

IMG_0754.JPG
😄 Heerlike kaas “bun” met skyfies op!
Die res van die Sondag middag was weer net rustig voor Sybrand se dol week weer begin 😉

30 Okt

Eerste afspraak by dokter gehad 😁 Annebell het ñ hoë koors gehad en gekla haar nek is seer, Sybrand het vreeslik gesukkel om ñ afspraak te kry en ons moes half 5 toe daar wees, 15 min laat gekom want het verdwaal 😄en moes eers vra hoe om by Oostersingel 47 uit te kom, dr gesien – hy sê toe dis haar ore maar skryf niks voor nie moet eers nog ñ dag wag en kyk of koors nie val nie dan sal hy eers iets voorskryf, terug gestap in die donker en so bietjie nat gereën 😜